ons skooldrag (Nuwe)

SPORTDRAG

Sportdrag vir Seuns en Dogters

Slegs goedgekeurde drag, soos deur die afrigters gereël, mag gedra word.

S.R. sporthempie mag op LO dae en tydens sportbyeenkomste gedra word.

Noord-Gauteng en SA sweetpakke mag slegs Vrydae gedra word.

LO Kleredrag vir seuns en dogters

 

Somersdrag

‘n Swart kortbroek (geen strepe) met die Stephanus Roos sporthempie.  Geen skoolskoene.  Toestemming kan verleen word om (Tekkies) drafskoene te dra.  Verkieslik “normale” swart of wit tekkies.  Geen neon kleurige skoene of sokkies nie.  Ook geen “sneakers” of “pumps” nie.  (Dit pas nie by ons skooldrag nie). 

Wintersdrag

Die Stephanus Roos sweetpakbroek en Stephanus Roos sporthempie.  Swart of wit tekkies met swart of wit veters.  Geen ander kleure tekkies word toegelaat nie!  Slegs voorgeskrewe skoolkouse .  Geen ander skoene behalwe sportskoene sal aanvaar word nie.  Geen “sneakers”, sandale, inglipskoene of balletskoene mag gedra word nie.

SkoolDrag - Dogters Somer

Voorgeskrewe geruite turkooisrokke.

Indien nodig, voorgeskrewe turkoois baadjie of ‘n swart skooltrui oor die rok.

Dogters mag kort swart ski-pants onder hul rokke dra, maar dit mag nie by die rok uitsteek nie. Geen gekleurde kort broekies of “boxers” mag onder die skoolrokke gedra word nie.

Swart sokkies met skoolkleure strepies.

Swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet of toeryg skoene. Veters moet behoorlik vasgemaak word!

Geen swart sweetpakbroeke gedurende die somerseisoen nie.

SKOOLDRAG - Seuns SOMER

‘n Grys kortbroek – met swart gordel en ‘n grys kortmouhemp.  Geen modieuse gordels mag gedra word nie.

Slegs voorgeskrewe  turkoois baadjie / netjiese swart trui.

Lang voorgeskrewe skoolkouse met standaard swart skoolskoene (veters behoorlik vasgeryg).

Modieuse skoene, stewels word nie toegelaat nie.

Seuns mag kaalvoet skool toe kom.

Hemde moet in die broek ingesteek word.

Geen slaapbroeke (“boxers”) onder skoolklere nie.

Geen sweetpakbroeke met grys hemde nie.

SKOOLDRAG - DOGTERS WINTER

Grys langbroek met ‘n wit kraaghemp en ‘n netjiese swart skooltrui / voorgeskrewe turkoois baadjie.

Slegs swart serpe word toegelaat.

Provinsiale sweetpakke mag Vrydae gedra word.

SKOOLDRAG - seuns WINTER

‘n Grys langbroek met ‘n grys oopknoophemp en ‘n swart skooltrui of turkoois baadjie.

Provinsiale sweetpakke mag Vrydae gedra word.

Tekkies mag slegs gedra word op die dae wat die leerders LO het